Teater Produksies

Verna Vels se Liewe Heksie het geen bekendstelling nodig nie. In hierdie aanbieding doen ons twee Heksie-vertonings naamlik LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM en na pouse LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE.

Onthou as jy vir LIEWE HEKSIE bespreek, bied jou HEKSIE-kaartjie vir jou toegang tot die Oppiland Fees vir 25 Junie 2022.

Kom herleef wonderlile nostalgiese Nana Mouskouri liedjies soos TRY TO REMEMBER, SOLEIL SOLEIL, TURN ON THE SUN, SEASONS OF THE SUN en natuurlike THE WHITE ROSE OF ATHENS soos net Helene Bester dit kan sing. Ideale konsert vir die Sondagoggend.

Onthou as jy vir HELENE BESTER SING NANA MOUSKOURI bespreek, bied jou kaartjie vir jou toegang tot die Oppiland Fees vir 26 Junie 2022.

Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.” Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar!

Onthou as jy vir GROET DIE GROTMAN 2 bespreek, bied jou GROTMAN-kaartjie vir jou toegang tot die Oppiland Fees vir 25 Junie 2022.