Aktiwiteite

Kom maak jou eie skildery terwyl jy heerlik kom fees hou by die unieke Oppiland Fees. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ‘n kunstenaar in eie reg met ‘n Meestersgraad in Visuele Kunste. Sy is ook bekend vir haar kuns as heling sessies (kunsterapie) en is ‘n kenner op die gebied waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en self-kennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ‘n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ‘n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Die sessie word aangebied in die Lions Lokaal wat ideaal vir so ‘n kunssessie is, want ons gaan heerlik uitkyk op die mooi natuur van Stable Inn. Geen kunstalent is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses vat.

Alle kunsmateriaal sal voorsien word en is ingesluit in jou fooi. Jy gaan hierdie opwindende sessie verlaat met jou eie A3 skildery. Wat ‘n beter manier om Oppiland 2022 te onthou. Bespreek vinning want die SKILDER EN WYN OPPILAND-sessie word beperk tot net 20 persone per klas. Die sessie sal vier ure neem.
Uitstekende wyn word verskaf deur Van Loveren Wyne.

Onthou as jy vir SKILDER EN WYN bespreek, bied jou kaartjie vir jou toegang tot die Oppiland Fees vir 25 Junie 2022.

Skryf nou jou span in vir hierdie opwindende fiksheid sessie. Kom toets jou span se limite by Oppiland.

Onthou as jy vir FITTEST OPPILAND bespreek, bied jou kaartjie vir jou toegang tot die Oppiland Fees vir 25 Junie 2022.

Ander Aktiwiteite

Vlooimark
Van Loveren Wynlapa
SPCA Honde Park Run
Kos en Drank